top of page
Search

Ferdies GOT Talent

  • Writer: ferdiepostexco3
    ferdiepostexco3
  • Sep 8
  • 1 min read

Lumé Hartzenberg & Miné Bronkhorst


Ferdies se pols komitee het gesorg vir 'n onvergeetlike aand! Op 15 April het Hoërskool Ferdinand Postma se skoolsaal geborrel van talent en gegons van gees.


Die program was propvol opwindende optredes van sing en dans tot monoloë wat die gehoor sprakeloos gelaat het. Daar was nie net talent op die


verhoog nie, maar die gehoor het ons deur al die verskillende dekades geneem met hul kleurvolle en unieke uitrustings. Die beste kekleede leerder was die beeld van die 1980's, met haar neon hemp en groot boskaas.


Die aand het geopen op 'n hoë noot met engele stemme van die Villagers en Dinki Binkle sêr. 


Ferdies het weereens bewys dat hulle nie net 'n akademiese gedrewe skool is nie, maar ook kultuur-sterk is. Die verhoog het 'n paar nuwe instrumente leer ken en die musikante het hul staal gewys.


Die laaste deel was defnitief die hoogtepunt van die aand. Die mengelmoes van komedie, onderwyssang en poppedans, dui op Ferdies se kultuur en houding. Almal wat braaf genoeg was om deel te neem het 'n kans gekry om hul talente vertoon en die kollig te deel.


As jy volgende jaar wil gaan vir 'n oudisie, maar dit voel asof die vrees jou wen, onthou net, almal is bang vir tandartse en die donker.



 
 
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok
bottom of page