top of page
Search

Trivia Aand 2025

  • Writer: ferdiepostexco3
    ferdiepostexco3
  • Apr 10
  • 2 min read

Brainstormer: Laura van der Walt

Writer: Jordan Forbes

Media: Zakhele Damanyet


Op 19 Maart 2025 het 'n opwindende trivia-aand plaasgevind. 'n Aand vol slim vrae, skreeusnaakse oomblikke en 'n wonderlike gees van spanwerk. Dit was beslis die beste trivia-aand nóg! 


Verskeie spanne het mekaar behoorlik uitgedaag met hul kennis en strategiese denke, maar slegs die bestes het bo uitgekom. Ná intense rondes van vrae en strategiese speletjies, het drie spanne uitgestaan as die toppresteerders van die aand: 

  1. In die eerste plek het ons  die Notorious Outlaws. Lyk vir my dat hul grootste misdaad was om al die regte antwoorde te steel.

  2. In die tweede plek is La Familia. Toe hulle gevra is hoe hulle dit gedoen het, het hulle net gesê: "Dit is 'n familiegeheim."

  3. In die derde plek was dit die Ash kickers, hulle het soos 'n veldbrand deur die kompetisie gevee.

Die vrae het 'n wye spektrum van onderwerpe gedek, insluitend algemene kennis, popkultuur en wetenskap, wat elke deelnemer se breinkrag en samewerking behoorlik op die proef gestel het. 


Mini-Speletjies en almal se gunsteling springmielies!

Behalwe vir die hoof-trivia was daar ook verskeie kleiner speletjies gespeel, soos "Head or Tails," wat vir groot vermaak gesorg het. Hierdie vinnige en opwindende speletjies het die kompetisie nog meer opwindend gemaak en gesorg vir  ‘n vinnige lagkansie tussen die intense trivia-rondes. 

Natuurlik sou geen trivia-aand volledig wees sonder heerlike peuselhappies nie. Die aand se ster was beslis die springmieliemasjien, wat die lekkerste, varsste springmielies gespring het. Sommiges het selfs gewonder of hulle 'n trivia-vraag moes beantwoord om 'n handjievol te kry. 



So ’n ongelooflike aand gebeur nie sommer vanself nie. Die Fundi-komitee, bestaande uit Deané, Elrise, Karabo, Dylan, Unathi en Divan het hard gewerk om alles perfek te laat verloop. 'n Spesiale dankie ook aan Meneer Dejon en Juffrou Nirdé, wat ongelooflik baie gehelp het met die beplanning en uitvoering van die aand.  

Verder was die klankspan en Juffrou Labuschagne onmisbaar om te verseker dat die aand glad verloop het. 'n Geleentheid soos hierdie gebeur nie net vanself nie, en dit is te danke aan 'n toegewyde span mense wat alles moontlik gemaak het. 'n Groot dankie aan almal wat hard gewerk het om die aand ‘n sukses te maak. 'n Spesiale dankie gaan aan Als, wat die springmieliemasjien geborg het en dat almal iets lekkers gehad het om aan te peusel terwyl hulle die uitdagende vrae moes beantwoord. ‘n Geskenkbewys vanaf Turkstra het die spanne gemotiveer om flink te dink. 



Met hope lag, gesonde kompetisie en ongelooflike spanwerk was hierdie trivia-aand beslis een vir die boeke. Dit het nie net intelligensie getoets nie, maar ook gesorg vir ‘n gevoel van samehorigheid en groot pret. Volgende jaar se trivia gaan nóg groter en beter wees, met moeiliker vrae en hope pret! Moenie dit misloop nie! 


Die groot vraag bly egter: Wie gaan volgende jaar se trivia-kampioene wees? 



 
 

Recent Posts

See All
DEBATE THIS - Term 1

Brainstormer: Miné Bronkhorst Writers: Dylan Kondos (Opposing) and Oliver de Sa (Proposing) Should school uniforms exist? Proposition:...

 
 
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok
bottom of page