top of page
Search

Ontmoet vir juffrou Genie

  • Writer: ferdiepostexco3
    ferdiepostexco3
  • May 11
  • 3 min read

Frikkie van As


Voor Juffrou Genie by Ferdies kom werk het was sy ‘n onderwyseres by Saint Christian School gewees. Sy het besluit om te skuif sodat sy Afrikaans Huistaal kan aanbied.



Die belangrikste ding wat ons moet onthou, sê Juffrou Genie, is “plig voor plesier.’’ Sy dink terug na toe sy self nog op skool was en onthou die slaaplose nagte wat sy spandeer het om huiswerk te doen en ure, bo-op ure spandeer aan leer. “As ek terug dink aan my skooldae, sou ek niks daarvan wil verander nie.’’ Voordat ons na ʼn skool dans toe gaan, by vriende gaan kuier of nog vyf op “doomscrolling” moet ons eers ons pligte nakom. ’’Doen eers wat jy moet doen voor jy doen wat jy wil doen’’

‘’Om ‘n kind van my eie te hê’’ sê Juffrou Genie, ’’het my ʼn baie unieke perspektief gegee om ‘n Juffrou te wees.’’ In die verlede sê sy, was sy baie strenger gewees teenoor leerders wat laat na skool sou opgedaag. ’’Omdat ek nou ook self ‘n ouer is met ʼn seuntjie in graad vier, het ek besef hoe chaoties dit kan wees om in die oggende klaar te maak. Dit is nie net hy wat vir skool moet klaarmaak nie, ek moet ook vir werk klaar maak en as ʼn kind boeties of sussies het kan dit nog erger wees.” Selfs wanneer dit kom by huiswerk is sy nie meer so streng as wat sy in die verlede was nie. ‘’Baie keer, veral as ʼn leerder buitemuurse aktiwiteite doen, is daar nie altyd tyd om alles in te pas nie. Solank hulle ten minste net die huiswerk die volgende dag bring!”


Een van die grootste foute wat ʼn leerder kan maak, sê Juffrou Genie, is dat hulle nie genoeg vrae in klas vra nie. ‘’Toe ek nog in Wolmaransstad op skool was, sou my vriende altyd vir my al hul vra gee, oordat hulle te skaam was om hul hand op te steek” sê sy. “Onderwyers is betaal om jou te help verstaan. Tot as hulle vyftig keer iets oor moet verduidelik, is dit hulle werk! Baie mense wat terugdink aan hulle skooldae kom dan agter hulle verstaan nog steeds nie sekere goed nie! Dan berou hulle dat hul nie hulle hand meer in die klas opgesteek het nie.’’


Voordat juffrou Genie as ʼn juffrou begin praktiseer het, het sy vier jaar lank by NWU kommunikasie gestudeer. Sy sê dat haar graad in kommunikasie help haar baie as ʼn juffrou, omdat dit haar werk is om inligting oor te dra. Saam met kommunikasie het sy ook beide Afrikaans en Engels gestudeer en later aan ʼn graad in grafiese kommunikasie gekry. ’’Die rede hoekom ek ʼn onderwyseres geword het’’, se sy, “is omdat ek ʼn diep liefde vir Afrikaans as taal het en dus wil ek dit oordra aan die volgende generasie.’’


Sy sê dat sy wens die kurrikulum kon anders wees as wat dit nou is. Haar voorstel is dat daar ten minste ʼn week lank aan een onderwerp gefokus word sodat alle leerders kan by bly. ‘’Kwaliteit oor kwantiteit.’’


Wanneer Juffrou Genie ʼn bietjie vrye tyd van haar eie het, geniet om in haar tuin te werk en na haar diere om te sien. Dit sluit ‘n hond, twee budgies en twee hase in. ‘’Alhoewel ek nie in daardie veld werk nie geniet ek dit so om buite in die son en in die natuur te wees.’’ Bo-op dit is sy ook lief vir verf en lees. Een van haar gunsteling digters is die bekende Ingrid Jonker.

 
 
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok
bottom of page